Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld - Jakkals trou met wolf se vrou

Karlien van Jaarsveld - Jakkals trou met wolf se vrou

Je score:

Uitgegeven door: Johan Vorster

Uitgegeven in: 2011

Album type: Full CD

Over deze Album:

MAART 2011
KARLIEN VAN JAARSVELD - JAKKALS TROU MET WOLF SE VROU

“Jakkals trou met wolf se vrou” gaan sorg dat Karlien Van Jaarsveld die Afrikaanse mark verder betower. Met vyf splinternuwe treffers is die album beslis ‘n sukses storie wat wag om te gebeur..

Die album bestaan uit agtien snitte waarvan sestien oorspronklik is . Dit is popmusiek op sy suiwerste met polsende klanke en sielvolle ballades en Karlien se sterk stem wat bydra tot die uitstekende eindproduk.

"Beter as liefde" en "Jakkals trou met wolf se vrou" is twee reuse treffers albei uit die pen van Johan Vorster. Die titelsnit is ‘n metafoor binne ‘n metafoor van die onverwagse draai wat die liefdespad kan loop. Beter as liefde is die eerste enkelsnit en weerspieël die geduld en passie van die hart en dien as bewys dat niks beter is as die liefde nie.

Verskeie van die liedjies kom uit Karlien se eie pen, wat insluit Daar’s ‘n Storm, Feëverhaal, Sonder Jou en Van Jaarsveldhartedief. Hiermee bewys Karlien dat sy nie net ‘n mooi gesig is nie maar ook ‘n talentvolle sangeres en liedjieskrywer.

Karlien se droom vir die album is dat die musiek mense positief sal aanraak. "Enigiets wat Johan aanpak is `n sukses en ek glo natuurlik dit gaan weer die geval wees.“

Daar het twee musiekregisseurs op die album gewerk. Juan "Floors“ Oosthuizen was verantwoordelik vir die ballades en Robin Kielly was weer aan die stuur van die dansliedjies. "Beide meesters in wat hulle doen en ek is baie tevrede met die eindproduk,“ sê Karlien.

Karlien maak ook later vanjaar haar debuut as aktrise in die musiekrolprent, Platteland. Twee van haar album se liedjies, Sweet Dreams en As die Gordyn Val, gaan op ‘n vars manier gehoor word in die fliek.

Met haar sagte hart en opgeruimde geaardheid gaan Karlien van Jaarsveld nog derduisende mense se harte verower!

Vind dit Album op:
bol.com
amazon.com

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden