Laurika Rauch

Laurika Rauch - As almal ver is songtekst

Je score:

As almal ver is
Word die hart skielik oud
As die wêreld ‘n ster is
Afsydig en koud
Smee die gordyne
‘n Komplot teen die lig
Krimp die kosyne
En deure sluit dig

As almal ver is, vind jy jouself
Waar jy in laaie, in stil hartkamers delf
As almal ver is, vind jy jou siel
Weerloos, en eensaam, soos ’n vrou voor ‘n spieël

As daar geeneen is,
Sit jy als op die skaal
Want jy weet, wat geleen is,
Word eindelik gehaal
Dan kom die waarheid
En besweer elke leuen
Skenk jou weer klaarheid
En laat jou alleen
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Koos du Plessis

Componist: Koos du Plessis

Publisher: Select Musiek

Details:

Uitgegeven in: 2002

Taal: Afrikaans

Cover van: Koos du Plessis - As Almal Ver Is (1981)

Komt voor op: Vier Seisoene Kind (2011)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden