Koos du Plessis
Koos du Plessis - As Almal Ver Is songtekst
Je score:
As almal ver is Word die hart skielik oud As die wêreld ‘n ster is Afsydig en koud Smee die gordyne ‘n Komplot teen die lig Krimp die kosyne En deure sluit dig As almal ver is, vind jy jouself Waar jy in laaie, in stil hartkamers delf As almal ver is, vind jy jou siel Weerloos, en eensaam, soos ’n vrou voor ‘n spieël As daar geeneen is, Sit jy als op die skaal Want jy weet, wat geleen is, Word eindelik gehaal Dan kom die waarheid En besweer elke leuen Skenk jou weer klaarheid En laat jou alleen