Sonja Herholdt
Sonja Herholdt - Skipskop lyrics
Your rating:
Pak op, pak op sit jou goedjies op jou kop. Môre gaan ons weg, ver van hier weg. Skipskop, Skipskop, wanneer hou die dinge op? Swaarkry lê net voor die blou berge oor. Overberg se mens is ek gebore, op die plek Skipskop nes my pa en sy pa ook. Hier deur die duine, loop onse spore hier op die beach, hier langs die see is ek gedoop. Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders en die wolke en die winde wat hier waai. Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies en sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê goodbye. Die linkerhand, of die regterhand wat se kant lê die plek, misverstand. Asseblief meneer, ag sê tog weer is dit die pad wat ons moet môre vat? 'n Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar, die stukkies van my lewe lê, lê baie deurmekaar. Tel op vir shorty en tel op vir pop gaan haal vir apie, en hou daai kindjie dop. Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders die wolke en die winde wat hier waai. Pak op jou goedjies, en verkoop jou bootjie en sê maar so long, Skipskop, Skipskop, sê goodbye Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders die wolke en die winde wat hier waai. Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies, en sê maar Skipskop, so long, Skipskop sê goodbye So long, Skipskop, sê goodbye