Rudi Claase & Charné Hugo
Rudi Claase & Charné Hugo - Skipskop lyrics
Your rating:
Pak op, pak op sit jou goedjies op jou kop Môre gaan ons weg, ver van hier weg Skipskop, Skipskop, wanneer hou die dinge op Swaarkry lê net voor die blou berge oor Overberg se mens is ek gebore, op die plek Skipskop nes my pa en sy pa ook Hier deur die duine, loop onse spore, hier op die beach hier langs die see is ek gedoop Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders, die wolke en die winde wat hier waai Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies Sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê goodbye Die linkerhand, en die regterhand wat se kant lê die plek, misverstand Asseblief meneer, sê tog net weer is dit die pad wat ons moet môre vat 'n Stukkie lê hier en 'n stukkie lê daar die stukkies van my lewe lê baie deurmekaar Tel op, tel op, vir shorty en vir pop gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders die wolke en die winde wat hier waai Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies, sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye