Quentin Prinsloo

Quentin Prinsloo - Skipskop lyrics

Your rating:
Pak op, pak op
sit jou goedjies op jou kop.
Môre gaan ons weg,
ver van hier af weg.
Skipskop, Skipskop,
wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor
die blou berge oor.

Overberg se mens
is ek gebore,
hier op die plek Skipskop
nes my pa en sy pa ook.
Hier deur die duine, lê onse spore
hier op die beach  langs die see is ek gedoop.

Maar wat ken ek anders
as die bloudam se branders
in die wolke en die winde wat hier waai.
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
en sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê goodbye.

Die linkerhand, of die regterhand
wat se kant lê die plek, dis ´n misverstand.
'seblief meneer, ag sê tog net weer
is dit die pad wat ons môre vat?

'n Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar,
die stukkies van my lewe lê so baie deurmekaar.
Tel op vir shorty en tel op vir pop
gaan haal vir apie, maar hou daai kindjie dop.

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
in die wolke en die winde wat hier waai.

Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies,
en sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye

Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies,
en sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Cover from: Sonja Herholdt - Skipskop (1996)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found