Wynand Windpomp

Wynand Windpomp - Ver in die ou Kalahari / Rooi kitaar / Groen koringlande songtekst

Je score:
Keurspel
1. Ver in die ou Kalahari
2. Rooi kitaar
3. Groen koringlande
4. Ver in die ou Kalahari

(1. Ver in die ou Kalahari)

Ver in die ou Kalahari
Daar by die Molopo
Gee my die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo

Wyd lê jou eindlose vlaktes
Kameeldoringboom en sand
Eensame, vreedsame wêreld
Dis ons Kalahariland

Sonbesies sing in die bosse
Die hittige son te versmaai
Rooi Afrikaner osse
Sien jy om elke draai

Ver in die ou Kalahari
Daar sing die Boere so
Gee my die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo

(2. Rooi kitaar)

Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer
Tokkel nog 'n bietjie op jou rooi kitaar
Maak jou eie woorde, speel 'n paar akkoorde
Maak dit lekker-lekker op die Nuwejaar

Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer
Tokkel nog 'n bietjie op jou rooi kitaar
Vertel ons nog 'n storie, van hartseer en van glorie
Vertel ons van jou planne vir die Nuwejaar

(3. Groen koringlande)

Elke aand langs die groen koringlande
Wag jy daar as die skaduwees daal
Hand aan hand deur die groen koringlande
Sal ons saam in die skemering dwaal

(4. Ver in die ou Kalahari)

Sonbesies sing in die bosse
Die hittige son te versmaai
Rooi Afrikaner osse
Sien jy om elke draai

Ver in die ou Kalahari
Daar sing die Boere so
Gee my die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo

Die ou Kalahari bo
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: CDR Records

Details:

Uitgegeven in: 2004

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Te Ladida (2004)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden