Wynand Windpomp
Wynand Windpomp - Ver in die ou Kalahari / Rooi kitaar / Groen koringlande lyrics
Your rating:
Keurspel 1. Ver in die ou Kalahari 2. Rooi kitaar 3. Groen koringlande 4. Ver in die ou Kalahari (1. Ver in die ou Kalahari) Ver in die ou Kalahari Daar by die Molopo Gee my die ou Kalahari Die ou Kalahari bo Wyd lê jou eindlose vlaktes Kameeldoringboom en sand Eensame, vreedsame wêreld Dis ons Kalahariland Sonbesies sing in die bosse Die hittige son te versmaai Rooi Afrikaner osse Sien jy om elke draai Ver in die ou Kalahari Daar sing die Boere so Gee my die ou Kalahari Die ou Kalahari bo (2. Rooi kitaar) Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer Tokkel nog 'n bietjie op jou rooi kitaar Maak jou eie woorde, speel 'n paar akkoorde Maak dit lekker-lekker op die Nuwejaar Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer Tokkel nog 'n bietjie op jou rooi kitaar Vertel ons nog 'n storie, van hartseer en van glorie Vertel ons van jou planne vir die Nuwejaar (3. Groen koringlande) Elke aand langs die groen koringlande Wag jy daar as die skaduwees daal Hand aan hand deur die groen koringlande Sal ons saam in die skemering dwaal (4. Ver in die ou Kalahari) Sonbesies sing in die bosse Die hittige son te versmaai Rooi Afrikaner osse Sien jy om elke draai Ver in die ou Kalahari Daar sing die Boere so Gee my die ou Kalahari Die ou Kalahari bo Die ou Kalahari bo