Theuns Jordaan
Theuns Jordaan - Molberge (Herinneringe Aan Springs) (met Karla du Plessis) songtekst
Je score:
Jou naam besing verlore ou fonteine En tower beelde van oases langs die pad; Maar ver al wys die torings van die myne; Jou skoonheid lê veel dieper - in die hart. En ek onthou: Op 'n manier was daar maar net dieselfde vrede Die neig mos om te woon net waar hy wil. En daal ek af in skagte na benede, die verlede, Word die rammelende ratte langsaam stil. En die dreuning in jou buik skud snags die mure En bring flitse van blou blitse in 'n skag Waar mans, soos molle, grou in diepdroomure En goud breek uit die brandkluis van die nag. En ek onthou: Ek onthou nog soms die misreën in Augustus, Uit die newelige berge van die mol; Die gelatenheid van mense wat gerus is, Maar bewus is: Hierlangs is die wêreld halfpad hol. Daar was legendes van die vreemdste avonture, Diep-diep in die mensgemaakte berg; En saan in grotte om die bendevure, Het die ligspel teen grou wande al verdwerg. En ek onthou: Daar was 'n huis met 'n kombuis en greinhouttafel; En ses mense het gedeel in lief en leed. En mettertyd het alles uitgerafel, Maar wat die leed was, het ek jare terug vergeet. Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede, Uit die newelinge berge van die mol; En droom en bou, al vreet die vrees my vrede, En al is my eie wêreld halfpad hol. En droom en bou, al vreet die vrees die vrede, Want die wêreld is maar oral halfpad hol. En ek onthou.