Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Molberge (Herinneringe Aan Springs) (met Karla du Plessis) lyrics

Your rating:
Jou naam besing verlore ou fonteine
En tower beelde van oases langs die pad;
Maar ver al wys die torings van die myne;
Jou skoonheid lê veel dieper - in die hart.

En ek onthou:
Op 'n manier was daar maar net dieselfde vrede
Die neig mos om te woon net waar hy wil.
En daal ek af in skagte na benede, die verlede,
Word die rammelende ratte langsaam stil.
En die dreuning in jou buik skud snags die mure
En bring flitse van blou blitse in 'n skag
Waar mans, soos molle, grou in diepdroomure
En goud breek uit die brandkluis van die nag.

En ek onthou:
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus,
Uit die newelige berge van die mol;
Die gelatenheid van mense wat gerus is,
Maar bewus is:
Hierlangs is die wêreld halfpad hol.
Daar was legendes van die vreemdste avonture,
Diep-diep in die mensgemaakte berg;
En saan in grotte om die bendevure,
Het die ligspel teen grou wande al verdwerg.

En ek onthou:
Daar was 'n huis met 'n kombuis en greinhouttafel;
En ses mense het gedeel in lief en leed.
En mettertyd het alles uitgerafel,
Maar wat die leed was, het ek jare terug vergeet.
Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede,
Uit die newelinge berge van die mol;
En droom en bou, al vreet die vrees my vrede,
En al is my eie wêreld halfpad hol.
En droom en bou, al vreet die vrees die vrede,
Want die wêreld is maar oral halfpad hol.
En ek onthou.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Koos du Plessis

Composer: ?

Publisher: Theuns Jordaan Production

Details:

Released in: 2008

Language: Afrikaans

Appearing on: Kouevuur - Die musiek van Koos du Plessis (2008)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found