René van Zyl

René word op 5 Oktober (1994) in Kimberley, Noord-Kaap gebore. Haar liefde vir musiek het op die jonge ouderdom van 3 ontstaan. Sy en haar tweeling suster was lief daarvoor om bekende kinderliedjies te sing en gou kon haar ouers haar natuurlike aanvoeling vir musiek raak sien en verder ontwikkel by die plaaslike Musiek Akademie.
Deur haar skoolloopbaan fokus sy op musiektoerie en ook om vele instrumente ondernadere: klavier, blokfluit, klarinet, kitaar en selfs xylofoon te leer speel, maar haar gunsteling instrument bly haar stem. Sy was reeds op die ouderdom van 7 ingeskryf vir die Noord-Kaap Kunstefees en was glad nie skaam om voor 100de mense te sing nie. Sy het ook Graad 7 Klassieke sang en Graad 6 musike toerie by die Trinity college of London voltooi. Sy tree tans plaaslik en nasionaal op en het al verhoë met ons land se vernaamste kunstenaars gedeel.

René en `n liedjieskrywer, het hulle voltyds betrokke gemaak met die skryf, verwerking en opnames van haar debuutalbum genaamd: Onvoorwaardelik. Die album bevat 14 oorspronklike liedjies en haar musiek video “ Gebreek” verskyn ook daar op. Die album was in Januarie 2014 vrygestel saam met 2 musiek videos genaamd “Gebreek” en “Hoekom voel ek anders” wat ook op Youtube gesien kan word.

Daar word ook gefokus op 'n belangrike lewensles in "Hoekom" en lekker vrolikheid in liedjies soos: "Baby Blue, Elke Dag, Hoekom voel ek anders (oor jou)". Die snit genaamd "Gebreek" val mooi in plek met die huidige musiek tendense asook "Verdrink My (IN JOU LIEFDE)". "Love Is" is weer 'n baie luistervriendelikke Engelse snit - so ook "My Only Angel","Until the end of time" en "Islands in the stream".
Die album bestaan uit 'n goeiebalaans van luister en opgewekte (dansbare) musiek. Dit is beslis 'n goeie toevoeging tot enige versameling.

Bron: http://renesangeres.com/bio (21-09-2014)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden