Reik Na Die Sterre (Musical)

Reik na die Sterre – Die Musical is die grootste Afrikaanse Musical wat Suid-Afrika nog ooit gesien het. Met splinternuwe verwerkings van ou bekende liedjies soos “Ek reik na die sterre”, “Ruiter van die windjie”, “Fight for love” en “Was ek maar ’n digter” ontvou die liefdesverhaal van Stefan (Willem Botha) en Jana (Kristen Raath) voor die gehoor op een van ons land se grootste verhoë. ’n Asemrowende stel, fantastiese teaterontwerp en choreografie op ’n internasionale standaard sal verseker dat Reik na die Sterre – Die Musical die grootste vermaakgebeurtenis is in 2014!

Staatsteater Pretoria, 10 Julie - 3 Augustus 2014

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden