Natasha Joubert

As jy nog nie haar naam gehoor het nie, kan jy gerus kennis neem van hierdie Vrystaatse skoonheid en sangeres, Natasha Joubert.

Alhoewel sy baie talentvol, dinamies en doelgerig is staan sy met haar voete plat op die aarde en verower sy Suid Afrikaners se harte met haar warm, sagte en opregte persoonlikheid. Natasha het wel 'n graad in B Com Bedryfsielkunde, maar dit was van kleins af nog altyd haar droom om 'n sangeres van beroep te word en verder het sy ook gedroom daarvan om eendag met 'n man te trou wat kitaar kan te speel. Nodeloos om te sê dat altwee hierdie drome bewaarheid is in haar lewe.

Haar debuutalbum, Mis Jou Soveel, is in 2006 uitgereik deur EMI platemaatskappy en sy het in 2009 haar tweede album, O My Bokka, die lig laat sien. Haar nuutste album, "Daisy" is so pas uitgereik.

Natasha het nie net met 'n man getrou wat kitaar kan speel nie, maar wat ook baie mooi kan sing en 'n uitstekende liedjieskrywer is, wat wil 'n mens nou meer hê? Hierdie man is niemand anders as die bekende gospel sanger Willie Joubert nie. Hulle twee woon in 'n pragtige Vrystaatse dorpie, Parys, in die Vrystaat. Dis ook hierdie dorpie wat Natasha benoem het as persoonlikeheid van die jaar, 2007.

Behalwe vir Natasha se vol konsertprogram tree sy ook op as sangeres en of motiveringspreker by verkeie geleenthede soos ma-en-dogter geleenthede, vrouefunksies, -kampe ens. waar sy op haar unieke en treffende manier nie net haar gehore vermaak nie maar ook positiewe waardes kommunikeer. Haar musiek vind byval by oud en jonk en is spesifiek gerig op die gesinsmark.

Sy het ook 'n kursus van Focus on the Family, Die Liefde, Die Lewe en Seks, voltooi en is voortdurend besig om haarself toe te rus om by geleenthede waar sy die platform het, veral vir tienermeisies te kan begelei met besluitnemingsvaardighede, toekomsbeplanning, selfbeeld en doelgerigtheid. Sy is tans besig om 'n boek te skryf vir tienermeisies met praktiese begeleiding, raad en wyshede.

Natasha is gekroon as Mev Verenigde Nasies SA 2007 asook Mev Verenigde Nasies INTL 2007, wat haar 'n spreekbuis maak vir behoeftige mense regoor die land. Sy is betrokke by verskeie liefdadigheidsprojekte, onder andere besoeke aan vrouegevangenis en kinderhuise.

"Home is where the heart is", en vir Natasha is haar gunsteling plek, haar en Willie se tuiste in Parys, waar hulle sommer met hulle hondjie in die strate kan gaan stap, saam met vriende kan gaan draf, met familie kan kuier en lekker "chick flieks" kan kyk. "Dis hier waar ons ons batterye so bietjie herlaai" sê sy met 'n groot glimlag op haar gesig. Natasha en Willie is byna voltyds weg van die huis af terwyl hulle die land vol toer met hulle musiek. Alhoewel, elkeen hulle eie afsonderlike loopbane het is dit vir albei van hulle uiters belangrik om mekaar honderd persent te ondersteun in alles wat hulle doen en aanpak. Op so 'n manier vul hulle mekaar fantasties aan, en natuurlik is dit 'n groot bonus om hulle van tyd tot tyd saam op die verhoog te beleef. Soos Willie Strauss van Rapport tereg sê, "hulle stemme gaan saam soos kettie-en klip."

Natasha glo om haar volle potensiaal as mens uit te leef, die beste manier is om God te verheerlik, wat die hoogste doelwit van enige lewe hier op aarde is. Boonop dien sy as 'n sprekende voorbeeld van iemand wat alles wat sy het ten volle benut om 'n verskil te maak in ander se lewens.

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden