Monique Steyn

Monique Steyn is 'n Afrikaanse sangeres en klavierspeler. Tydens die eerste Suid-Afrikaanse Idols-seisoen het sy onder die top-50 deelnemers geëindig. Haar debuutalbum, Ek val vir jou is in 2010 uitgereik. Haar debuutliedjie Sê My Hoe is ook op die CD Die Grootste Afrikaanse Sokkie Vol. 7 asook op die DVD 30 Goue Sokkie Treffers beskikbaar.

Monique was die mentor van Wilha Carstens en Demi Lee Moore in die realiteitsmusiekkompetisie Die Kontrak op VIA op DStv. Wilha het uitgeval, maar Demi-Lee het gewen en die kontrak van 'n miljoen rand wat op die uiteindelike wenner gewag het, losgeslaan.

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden