Michelle van Staden

Michelle van Staden - Kinders van die wind songtekst

Je score:
Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lankvergane skepe
In die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draai
Soos vaagbekende grepies in
'n Baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net 'n kind kon raai

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Net kinders van die wind
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Koos du Plessis

Componist: Koos du Plessis

Publisher: Maroela Musiek

Details:

Uitgegeven in: 2009

Taal: Afrikaans

Cover van: Laurika Rauch - Kinders van die wind (1979)

Komt voor op: Met die tyd (2009)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden