Michelle van Staden

Michelle van Staden - Kinders van die wind lyrics

Your rating:
Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lankvergane skepe
In die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draai
Soos vaagbekende grepies in
'n Baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net 'n kind kon raai

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Net kinders van die wind
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Koos du Plessis

Composer: Koos du Plessis

Publisher: Maroela Musiek

Details:

Released in: 2009

Language: Afrikaans

Cover from: Laurika Rauch - Kinders van die wind (1979)

Appearing on: Met die tyd (2009)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found