Mia Louw

Ek is Mia Louw, ek is tans woonagtig te Potgietersrus in die hartjie van die Bosveld. Ek is gebore op 16 Junie in die klein dorpie Odendaalsrus. Ek voel dat ek gebore is met ? passie vir sang, en ook om mense te vermaak. Ek sal altyd my Skepper dien, en alle eer aan Hom gee vir die wonderlike talent waarmee Hy my mee geseën het om te sing.

Ek is een van die nuwe opkomende kunstenaars in die musiekwêreld, en kan verskillende genre's sing. Ek was die afgelope jaar te siene by verskeie feeste reg oor die land waar ek opgetree het. Ek tree graag op by kerke, skole en liefdadigheidsorganisasies op want ek voel dat ek my deel vir die gemeenskap ook moet doen. My ouers vertel ook dat ek al van kleins af met die mikrofoon voor die spieël gestaan en sing het. My grootouers spog ook dat ek al op die ouderdom van drie liedjies voluit kon sing en al die woorde uit my kop uit ken.

Daar is nog nie op die oomblik ? CD van my op die mark wat bemark word nie, en ek werk nog hard om my "big break" te kry. Ek het ook laasjaar weggestap met vier goue medaljes by SATCH (South African Talent Championships) waarin ek gesing het in verskillende genre's. My eerste musiekvideo is ook geskiet in 2009 met die titel "Jy laat my vergeet". Die video was al te siene op kykNet en kan ook op Youtube besigtig word. Ek wil ook net baie dankie sê aan my wonderlike ouers vir hul bystand en ondersteuning, asook my vriende, familie en getroue volgelinge wat my ondersteun.

Bron: http://www.mialouw.com/ -> Biografie (27 april 2014)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden