Laurika Rauch
Laurika Rauch - Stuur groete aan Mannetjies Roux songtekst
Je score:
My oom se motor is ´n ou masjien Hy maak dit vol met dieselien En hy sing in die strate as hy ons kom sien My oom is oud en ek is skaars dertien My oom drink koffie en my tannie tee Ek vra oor die reën en hy sê ja nee En hy drink soet koffie met sy een oog toe En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux O stuur ons net so ´n bietjie reën My oom het ´n tenkvol dieselien En seën my pa en seën my ma En my oom op sy plaas in Afrika Maar my oom het gesukkel op die plaas Want die son was te warm en die reën te skaars En die man van die bank het net sy kop geskud Want my oom ja my oom was te diep in die skuld En as jy in die oggend in die lande stap Hoor jy nog die motor met sy klak klak klak Maar my oom ja my oom se oë is nou albei toe In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux O stuur ons net so bietjie reën My oom het ´n tenkvol dieselien En seën my pa en seën my ma En my oom op sy plaas in Afrika