Laurika Rauch

Laurika Rauch - Stuur groete aan Mannetjies Roux lyrics

Your rating:
My oom se motor is ´n ou masjien
Hy maak dit vol met dieselien
En hy sing in die strate as hy ons kom sien
My oom is oud en ek is skaars dertien

My oom drink koffie en my tannie tee
Ek vra oor die reën en hy sê ja nee
En hy drink soet koffie met sy een oog toe
En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux

O stuur ons net so ´n bietjie reën
My oom het ´n tenkvol dieselien
En seën my pa en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
  
Maar my oom het gesukkel op die plaas
Want die son was te warm en die reën te skaars
En die man van die bank het net sy kop geskud
Want my oom ja my oom was te diep in die skuld

En as jy in die oggend in die lande stap
Hoor jy nog die motor met sy klak klak klak
Maar my oom ja my oom se oë is nou albei toe
In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux

O stuur ons net so bietjie reën
My oom het ´n tenkvol dieselien
En seën my pa en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 1999

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found