Kaleidoskoop

Kaleidoskoop - Vars uitgekerf songtekst

Je score:
Toe ek jou vanaand groet was dit met ‘n hart vol moed
Jy’t my halfpad ontmoet
En in hierdie avontuur waar die lewe ons nou stuur is jy my onvervangbare passasier

Afgestorwe stokperdjie wat weer met nuwe lewenslus in my kom wei
Lank vergete dormante liefde wat weer met passie ongerep my hart kom lei
Maar as jy saans langs my aan die slaap raak staan die wêreld stil en niks daarin maak meer saak
As ek soggens met jou glimlag en jou soene wakker raak is my dag reeds gemaak
Met my lewe sal ek oor jou waak 

Gerus kan ons vertrou ons liefde sal bly blom soos nou, want dit is op ‘n vrugbare fondament gebou
Van die begin af reeds besluit om nooit aan die vyand se leuens te byt
Slegs saam te bly wandel in die lig en waarheid

Afgestorwe stokperdjie wat weer met nuwe lewenslus in my kom wei
Lank vergete dormante liefde wat weer met passie ongerep my hart kom lei
Maar as jy saans langs my aan die slaap raak staan die wêreld stil en niks daarin maak meer saak
As ek soggens met jou glimlag en jou soene wakker raak is my dag reeds gemaak
Met my lewe sal ek oor jou waak

Vars uitgekerf in my kettie-mik se steel, is die kepe van drome wat ons tot nou saam kon deel
en uitgegraveer in my hart se kamerdeur - drome van môre wat in afwagting bly rus
drome waarmee ek jou saans tot laat aan die slaap sit

Maar as jy saans langs my aan die slaap raak staan die wêreld stil en niks daarin maak meer saak
En as ek soggens met jou glimlag en jou soene wakker raak is my dag reeds gemaak
Met my lewe sal ek oor jou waak

Toe jy my vanaand groet, was dit met 'n hart vol moed 
Ek het jou halfpad ontmoet
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2012

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Vars uitgekerf (2012)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden