Kaleidoskoop
Kaleidoskoop - Vars uitgekerf lyrics
Your rating:
Toe ek jou vanaand groet was dit met ‘n hart vol moed Jy’t my halfpad ontmoet En in hierdie avontuur waar die lewe ons nou stuur is jy my onvervangbare passasier Afgestorwe stokperdjie wat weer met nuwe lewenslus in my kom wei Lank vergete dormante liefde wat weer met passie ongerep my hart kom lei Maar as jy saans langs my aan die slaap raak staan die wêreld stil en niks daarin maak meer saak As ek soggens met jou glimlag en jou soene wakker raak is my dag reeds gemaak Met my lewe sal ek oor jou waak Gerus kan ons vertrou ons liefde sal bly blom soos nou, want dit is op ‘n vrugbare fondament gebou Van die begin af reeds besluit om nooit aan die vyand se leuens te byt Slegs saam te bly wandel in die lig en waarheid Afgestorwe stokperdjie wat weer met nuwe lewenslus in my kom wei Lank vergete dormante liefde wat weer met passie ongerep my hart kom lei Maar as jy saans langs my aan die slaap raak staan die wêreld stil en niks daarin maak meer saak As ek soggens met jou glimlag en jou soene wakker raak is my dag reeds gemaak Met my lewe sal ek oor jou waak Vars uitgekerf in my kettie-mik se steel, is die kepe van drome wat ons tot nou saam kon deel en uitgegraveer in my hart se kamerdeur - drome van môre wat in afwagting bly rus drome waarmee ek jou saans tot laat aan die slaap sit Maar as jy saans langs my aan die slaap raak staan die wêreld stil en niks daarin maak meer saak En as ek soggens met jou glimlag en jou soene wakker raak is my dag reeds gemaak Met my lewe sal ek oor jou waak Toe jy my vanaand groet, was dit met 'n hart vol moed Ek het jou halfpad ontmoet