Hannes van Tonder

Hannes van Tonder, is gebore op 9 Julie 1974 in die rustige dorp Welkom, in die Vrystaat. Van jongs af het Hannes ‘n groot liefde en passie gehad vir musiek, en Bles Bridges het ‘n groot impak gehad in Hannes se belangstelling in Liefdesliedjies. Dit was sy groot rolmodel in die lewe, en Hannes het altyd gesê dat dit sy droom is om te bereik wat hierdie ikoon bereik het.

Na skool het Hannes begin werk op die myne in Welkom omgewing, maar het ook sy musiek droom uitgeleef deur op te tree waar daar ook al aanvraag vir hom was. In 2002 het Hannes die eer gehad om ‘n oudisie te doen vir Kevin Kruger en Dan Hill, twee groot legendes in die musiek bedryf, by hul ateljee “Kaydee Studios” in Johannesburg. Kevin en Dan was bekend vir baie jare se werk saam met van ons voorste sangers soos Bles Bridges, Leon Schuster, en Steve Hofmeyr, om net ‘n paar te noem. Die oudisie was ‘n groot sukses, en baie beïndruk met Hannes se talent, het hulle ingestem om Hannes se cd op te neem.

Nuwe liedjies was vanaf Duitse verskaffers geneem, vertaal, en in 2006 is Hannes se eerste cd “ALLES PAS” uiteindelik voltooi. Die album het goeie treffers op gehad, soos “Alles Pas” , “Liefde is alles”, en “Heart of a champion”. Nog nie gesout in die musiek industrie nie, kon Hannes nie daarin slaag om ‘n publikasie en verspreiding ooreenkoms te kry nie, maar het deur sy eie inisiatief en deursettingsvermoë steeds daarin geslaag om 1500 cds uit die hand te verkoop. Sy liedjie “Alles pas” het op verskeie gemeenskaps radiostasies die Top 20 gehaal.

Hannes het intussen verhuis na Rustenburg, waar hy tans op die Platinum myne werksaam is, en droom steeds daarvan om dit te verruil vir ‘n voltydse musiek loopbaan. Dit was effens vertraag deur die ontydige afsterwe van sy steunpilare, Dan Hill, en Kevin Kruger, wat oorlede is pas nadat sy tweede cd “’N STER VIR MY” voltooi is. Hannes het op eie inisiatief daarin geslaag om ‘n platekontrak te teken met Sting Music, wat tans sy cds bemark en versprei.

Sy eerste cd wat op die rakke beland het “ ‘N STER VIR MY” het reeds meer as 10000 kopiee verkoop, wat ‘n groot prestasie is vir ‘n ‘eerste cd’. Veral as mens in ag neem dat Hannes tot dusver op eie inisiatief vertonings doen, meesal slegs vir promosie, sonder veel hulp van agente en promotors.

Sy tweede cd “DUISEND DROME” is nou op die rakke en bereik reeds groot hoogtes.

Hy het nie lank gewag nie, en sy derde cd “SOMER LIEFDE” is pas vrygestel. Hannes se musiek word op verskeie radiostasies gehoor, en sy 2 musiek videos speel gereeld op Kyknet, hy is ook tans besig om te werk aan die dvd van sy nuwe album se liedjie “Saam met die wind.”

Hy het in 2011 ‘n toekenning ontvang van IFM radiostasie in die Vaal driehoek as “Beste Nuweling”, nadat hy daarin geslaag het om vir 3 agtereenvolgende weke nommer 1 te wees op hul “Country top 10”, met een van sy liedjies, en het ook reeds sy verskyning gemaak op die programme DKNT, asook op Jukebox.

Hannes het sy merk gemaak as Suid-Afrika se nuwe “Troebadoer” en “Minnesanger”, sy jarelange drome word nou bewaarheid en hy sien uit na ‘n lang en suksesvolle loopbaan in die musiek industrie.

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden