Eva Morgan
Eva Morgan - Onbeskryfbaar songtekst
Je score:
Verf my mure met geel Bring terug al die kleure wat die nag wou kom steel Fluister sag in my oor al die geluide wat die oggend aanspoor 'n Vel van rose en helder rooi juweel En duisend sterre wat in die aandlig speel Speel met wolke wat die hoogste berge dek 'n Groen kombers wat oor die vlaktes strek Hoe sal ek met woorde jou ooit kan beskryf? Jy vloei deur my are, jy's deel van my lyf Hoe sal ek kan verduidelik wat ek net kan beleef Daar's net te min woorde om 'n foto te weef Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my Val uit die hemel se blou Terug na jou reis, deur wolke en woud Swerwer oor duine van goud Deur duisende jare het jy die wêreld aanskou 'n Vel van rose en helder rooi juweel En duisend sterre wat in die aandlig speel Speel met wolke wat die hoogste berge dek 'n Groen kombers wat oor die vlaktes strek Hoe sal ek met woorde jou ooit kan beskryf? Jy vloei deur my are, jy's deel van my lyf Hoe sal ek kan verduidelik wat ek net kan beleef? Daar's net te min woorde om 'n foto te weef Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my Hoe sal ek met woorde jou ooit kan beskryf? Jy vloei deur my are, jy's deel van my lyf Hoe sal ek kan verduidelik wat ek net kan beleef Daar's net te min woorde om 'n foto te weef Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my