Eva Morgan

Eva Morgan - Onbeskryfbaar lyrics

Your rating:
Verf my mure met geel
Bring terug al die kleure wat die nag wou kom steel
Fluister sag in my oor al die geluide wat die oggend aanspoor

'n Vel van rose en helder rooi juweel
En duisend sterre wat in die aandlig speel
Speel met wolke wat die hoogste berge dek
'n Groen kombers wat oor die vlaktes strek

Hoe sal ek met woorde jou ooit kan beskryf?
Jy vloei deur my are, jy's deel van my lyf
Hoe sal ek kan verduidelik wat ek net kan beleef
Daar's net te min woorde om 'n foto te weef

Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my

Val uit die hemel se blou
Terug na jou reis, deur wolke en woud
Swerwer oor duine van goud
Deur duisende jare het jy die wêreld aanskou

'n Vel van rose en helder rooi juweel
En duisend sterre wat in die aandlig speel
Speel met wolke wat die hoogste berge dek
'n Groen kombers wat oor die vlaktes strek

Hoe sal ek met woorde jou ooit kan beskryf?
Jy vloei deur my are, jy's deel van my lyf
Hoe sal ek kan verduidelik wat ek net kan beleef?
Daar's net te min woorde om 'n foto te weef

Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my
Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my

Hoe sal ek met woorde jou ooit kan beskryf?
Jy vloei deur my are, jy's deel van my lyf
Hoe sal ek kan verduidelik wat ek net kan beleef
Daar's net te min woorde om 'n foto te weef

Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my
Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my

Jy's onbeskryfbaar, jy's onbeskryfbaar vir my
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Joshua Oosthuizen

Composer: Joshua Oosthuizen

Publisher: ?

Details:

Released in: 2016

Language: Afrikaans

Appearing on: Onbeskryfbaar (2016)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found