Bianca Pienaar

[Afrikaans, 2014-02-08]

Daar was ´n tyd net meer as ´n dekade of wat gelede wat die Afrikaanse musiektoneel oorheers is deur vroue van formaat. Die manne wat die musiekkolskoot kon tref, was in die minderheid. Die afgelope dekade is egter oorheers deur manlike sterre wat blitsvinnig die verhoog betree en begin oorheers het.

Is die skaal besig om weer in ewewig te swaai? Beslis. En Bianca Pienaar se jongste vrystelling, Net vir nou, is die onmisbare gewig om die musiekskaal weer sy regmatige plek te laat inneem. Elf snitte wat die antwoord is op luisteraars se wekroep op ´n alternatief op die handjievol (vroue)klanke wat ons klankgolwe tans kenmerk.

Bianca is ´n boorling van die Kaap wat Pretoria reeds die afgelope 24 jaar huis noem. Sy is in 2009 vir haar eerste album, Obsessie, vir ´n Vonk Afrikaanse Musiektoekenning genomineer in die kategorie: beste kontemporêre vroulike album.

Die klanke op Net vir nou is egter ver verwyder van haar eerste album. Meer pop en minder rock. Daar is steeds die lekkerluisterelement, maar daar is ook ´n volwassewording wat diepgang aan die melodie verleen. Gesels jy met die 29 jarige (wat nie net met ´n graad in grafiese ontwerp spog nie, maar ook haar eie musiek akademie, Platinum Musiek Akademie, het) is dit gou duidelik wat die wese van haar woorde is.

Net vir nou vergestalt die liefde, maar vier ook die lewe. Dinge wat ek beleef het; wat ek met ander wil deel. Want ek het besef dit gaan nie oor die eie ek nie, maar oor ander.

Bron: http://www.biancapienaar.co.za/biografie.htm

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden