Anna Davel
Anna Davel - As jou hart reg klop songtekst
Je score:
Ek het geleer die lewe skuld jou min of meer net mooi niks nie En dat goeie dinge somtyds voor jou deur kom staan Dat die wat baie praat dalk niks het om te sê nie En dat ‘n smile of ‘n warm hand die hele dag kan draai Ek het geleer om te vertrou en als nie te verloor nie Om te gee en niks terug te vra as die omgee groei Ek het die waarde van ‘n sent bepaal en ook die waardeloosheid as dit daal En ‘n honderduisend rand jou brand om meer te begeer Maar van die liefde weet ek baie min Al wat ek ken is ek en jy Ons kan praat en droom en raaisels maak Daarteen veg of dit bely Wat presies gebeur as jou hart vertederd Uitbroei uit sy dop Bly ‘n wonder want jy kan als vergewe en nuut begin As jou hart reg klop Ek het geleer dat as jy alles weet jy bittermin verstaan En dat deur links te draai in plaas van regs ‘n nuwe wêreld oop kan gaan Ek het gaan soek en my pad verloor maar baie meer gekry Op die onbekende afdraai wat na ‘n nuwe roete lei Ek het geleer dat die wat baie huil nie die sadste is nie Die wat die woorde net te maklik sê nie die liefste voel nie Ek is dalk jonk en moet nog baie leer soos die jare my sal wys Maar nou is dit genoeg vir my dat jy hier langs my by my is Ek het geleer dat om te luister na goedbedoelde raad Jou lewe kan red of jou bitter eensaam kan maak Ek’t geleer om in iets te glo al kan dit jou breek of jou genees Maar nou is dit genoeg vir my om net hier langs jou te kan wees