Anna Davel

Anna Davel - As jou hart reg klop lyrics

Your rating:
Ek het geleer die lewe skuld jou min of meer net mooi niks nie
En dat goeie dinge somtyds voor jou deur kom staan
Dat die wat baie praat dalk niks het om te sê nie
En dat ‘n smile of ‘n warm hand die hele dag kan draai

Ek het geleer om te vertrou en als nie te verloor nie
Om te gee en niks terug te vra as die omgee groei
Ek het die waarde van ‘n sent bepaal en ook die waardeloosheid as dit daal
En ‘n honderduisend rand jou brand om meer te begeer

Maar van die liefde weet ek baie min
Al wat ek ken is ek en jy
Ons kan praat en droom en raaisels maak
Daarteen veg of dit bely
Wat presies gebeur as jou hart vertederd
Uitbroei uit sy dop
Bly ‘n wonder want jy kan als vergewe en nuut begin
As jou hart reg klop

Ek het geleer dat as jy alles weet jy bittermin verstaan
En dat deur links te draai in plaas van regs ‘n nuwe wêreld oop kan gaan
Ek het gaan soek en my pad verloor maar baie meer gekry
Op die onbekende afdraai wat na ‘n nuwe roete lei

Ek het geleer dat die wat baie huil nie die sadste is nie
Die wat die woorde net te maklik sê nie die liefste voel nie
Ek is dalk jonk en moet nog baie leer soos die jare my sal wys
Maar nou is dit genoeg vir my dat jy hier langs my by my is

Ek het geleer dat om te luister na goedbedoelde raad
Jou lewe kan red of jou bitter eensaam kan maak
Ek’t geleer om in iets te glo al kan dit jou breek of jou genees
Maar nou is dit genoeg vir my om net hier langs jou te kan wees
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Anna Davel

Composer: Anna Davel

Publisher: Select Music Distribution

Details:

Language: Afrikaans

Covered by: Inamari Pienaar (2012)

Appearing on: Raaisels, Skepe & 1000 Drome (2007)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found