Alwie Carstens
Alwie Carstens - Winterreën songtekst
Je score:
Skuif bietjie nader en luister Na die eerste winterreën Met wange wat gloei in die gloed van die vuur Dank ons God wat die reën vir ons stuur Ons klink ‘n glasie van die soetste wyn ‘n Heildronk op ‘n goeie jaar Woorde is oorbodig Want drome word nou waar Koor: Sit nog ‘n houtstomp op die vuur En kom sit weer styf langs my Hoor hoe val die druppels op die dak Waar wil jy dan mooier kry? Hoor jy druppels op die sinkdak val Van die eerste winterreën Kom sit langs my by die doringhoutvuur Terwyl die wind so om die hoeke ween Ons is veilig en geborge In ons kombuisie op die plaas Wat meer kan ‘n mens tog vra As reën wat op ‘n sinkdak raas Koor: (2x) Sit nog ‘n houtstomp op die vuur En kom sit weer styf langs my Hoor hoe val die druppels op die dak Waar wil jy dan mooier kry?