Alwie Carstens

Alwie Carstens - Winterreën lyrics

Your rating:

Skuif bietjie nader en luister
Na die eerste winterreën
Met wange wat gloei in die gloed van die vuur
Dank ons God wat die reën vir ons stuur

Ons klink ‘n glasie van die soetste wyn
‘n Heildronk op ‘n goeie jaar
Woorde is oorbodig
Want drome word nou waar

Koor:
Sit nog ‘n houtstomp op die vuur
En kom sit weer styf langs my
Hoor hoe val die druppels op die dak
Waar wil jy dan mooier kry?

Hoor jy druppels op die sinkdak val
Van die eerste winterreën
Kom sit langs my by die doringhoutvuur
Terwyl die wind so om die hoeke ween

Ons is veilig en geborge
In ons kombuisie op die plaas
Wat meer kan ‘n mens tog vra
As reën wat op ‘n sinkdak raas

Koor: (2x)
Sit nog ‘n houtstomp op die vuur
En kom sit weer styf langs my
Hoor hoe val die druppels op die dak
Waar wil jy dan mooier kry?
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Released in: 2013

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found