Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld - Feeverhaal songtekst

Je score:

Dit is ´n warm somersaand in februarie die tyd stap aan
Onthou jy die koue aand in mei
Toe ek my eerste liefdesbriefie van jou kry
Jy skryf van waar jy my die eerste keer raaksien
Voor die skool se hek, ons altwee was toe tien
Jy vra of ek die hele naweek kan kom speel
Wie ’t geweet jy sal my hart vir altyd steel
En nou ’s jy altyd myne ...

Koor:

En ek sal drome droom oor jou
Soos die feeverhale wat ek onthou
Jy is my prins en ek jou prinses
Ek hoop dat hierdie storie eindig soos al die res

Dis jare later, hier staan ons nou
Ek hou nog net soveel van jou
As daardie eerste naweek saam
Al verskil is dat ons nou net meer verstaan
Jy bou ´n huis sonder om my met sand te gooi
En kissing tatchers is verby ons soen al mooi
As jy nou verby my stap knip jy al oog
Jy kon so kwaad raak as ek wen met pyl en boog
En nou ’s jy altyd myne ...

Koor:

En ek sal drome droom oor jou
Soos die feeverhale wat ek onthou
Jy is my prins en ek jou prinses
Ek hoop dat hierdie storie eindig soos al die res
Sal ons die skemeraand in ry
Op jou wit perd totdat al die sterre skyn
Jy staan hier voor my op jou kniee
En vra of ek my hart sal gee ... ooo mmm aaahhh

Dit raak al laat ek kyk hoe jy slaap
Dit voel of ek jou net wil wakker maak
Ek wil net hoor hoe jy vir my se
My skat jy is als wat ek wil he
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Johan Vorster Songs

Details:

Uitgegeven in: 2010

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Jakkals trou met wolf se vrou (2011) , As Die Gordyn Val (2010)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden