Henri Alant
(Afrikaans)
[2013]
Henri Alant is 'n 26 jarige Afrikaanse kunstenaar vanuit Pretoria en dié nuwe sangsensasie beskik oor alles wat nodig is om hom stewig in die Afrikaanse musiekmark te vestig! Sy album "Bly by my" gaan sy aanhang, in Suid-Afrika aansienlik vergroot. Henri is nou gekontrakteer deur Fantasia musiek / en word versprei deur Coleske Artists van Suid-Afrika alhoewel dit nie sy eerste kennismaking met die opname-ateljee is nie; hy het in 2008 sy eerste demo CD gemaak en 2 liedjies op die CD was nommer 1 op van S.A. se plaaslike radiostasies. Sowel het hy 'n nominasie lasjaar los geslaan waarvan hy 2de gekom het onder van S.A. se TOP kunstenaarslys.
“Ek het November 2009 my platekontrak los geslaan”, vertel hy. "My platebase het my volle spasie gegee om liedjies te skryf en te kon kies en wat 'n voorreg is dit nie vir enige nuwe kunstenaar wat onder so groot platemaatskappy val om spasie te kan hê nie." Ek is baie opgewonde hieroor!” Hoewel hy gewoond is aan optredes, was dié projek vir hom ‘n opwindende leerkurwe.
Ek was by soveel aspekte van die album betrokke, ook by die naproduksie.”
"Liedjies waarna ek uitsien is die titel snit: Bly by my asook CUPID en Sal jy." vertel hy. Met ‘n spinternuwe album, radiotreffers en ‘n volwassenheid wat sy jeug omarm, is Henri gereed vir welslae. Voeg daarby ‘n goeie stem en vasberadenheid om dinge te laat werk – en Henri Alant hét alles wat nodig is om ‘n popster te skep!
Sy album is Julie 2010 landwyd in alle musiekwinkels.