Anton Botha

Anton Botha - Wat jy aan my doen lyrics

Your rating:

Sit neer jou vuiste en tel op jou hart
Voordat die vonke deur die vlamme spat
Keer dat die mure rondom jou, jou woord opsy verraai
Ek weet ek's verkeerd, hoe dit is, hoe dit was
Dit was te laat, ek het my hart verpas
Keer dat die mense rondom my hul rug op myne draai

Ek het jou nodig, meer en meer as ooit
Diep in my siel af, moenie my nou weggooi

Koor:
Dis wat jy aan my doen as jy jou hand in myne sit
Wat jy aan my doen as jy my sê dat jy my liefhet
Maak die kettings om my stywer vas, want ek behoort aan jou
Alleen aan jou, dis wat jy aan my doen

Vergewe my nou, dit is alles verby
Daar is 'n plek net vir jou en vir my
Weeg al die hartseer op teen die geluk wat liefde bring
Ek weet ek's verkeerd, hoe dit is, hoe dit was
Dit was te laat, ek het my hart verpas
Keer dat die mense rondom my hul rug op myne draai

Ek het jou nodig, meer en meer as ooit
Diep in my siel af, moenie my nou weggooi

Koor:
Dis wat jy aan my doen as jy jou hand in myne sit
Wat jy aan my doen as jy my sê dat jy my liefhet
Maak die kettings om my stywer vas, want ek behoort aan jou
Alleen aan jou, dis wat jy aan my doen

Sal ek myself kan keer om die trane op jou wang te stop
Sal ek kan opgee wat ek doen, al maak dit my hoe seer
Kom sê my hoe
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Anton Botha Musiek

Details:

Released in: 2013

Language: Afrikaans

Appearing on: Alles of niks (2013)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found