Ray Dylan

Ray Dylan - Ek Het Jou Nodig lyrics

Your rating:
Die maan gooi klippe om my hart vanaand
Dis donker hier en net 'n straatlig brand
Jou woorde waai om my
Ek dwaal en ek soek 'n bietjie hoop vanaand
Die koue nag vat my aan my linkerhand
Jou warmte, weg van my

Die reuk van die reën op die teerpad praat
Van smeek en trane van hoogverraad
Ek voel jou, rondom my
As alles net weer reg en heel kon wees
As jy my kon vergewe of my siel kon lees
Ek voel jou, naby my

Glo jy regtig ons liefde is verby?
Ek het jou nodig, ek het jou lief
Ek skryf die woorde, in hierdie brief
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Ek het jou nodig, ek het jou lief
Ek skryf die woorde, in hierdie brief
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Om terug te keer na 'n doodloopstraat
Om dinge te sê wat jou seer sal maak
My woorde, draai om my
Jou arms om my lyf en jy soen my weer
Sou jy my kon liefhê vir die laaste keer
Jou asem, naby my

Die reuk van die reën op die teerpad praat
Van smeek en trane van hoogverraad
Ek voel jou, rondom my
As alles net weer reg en heel kon wees
As jy my kon vergewe of my siel kon lees
Ek voel jou, naby my

Glo jy regtig ons liefde is verby?
Ek het jou nodig, ek het jou lief
Ek skryf die woorde, in hierdie brief
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Ek het jou nodig, ek het jou lief
Ek skryf vir jou die woorde, in hierdie brief
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Ek het jou nodig, ek het jou lief
Ek skryf die woorde, in hierdie brief
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet
Dat ek jou nooit sal vergeet

Ek kan jou nooit vergeet
Ek sal jou nooit vergeet
Ek kan jou nooit vergeet
Ek het jou nodig
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: Matthias Reim

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 2007

Language: Afrikaans

Appearing on: Breek Die Ys (2007)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found