Nádine

Nádine - 'n Meisiekind Wil Ek Graag Bly lyrics

Your rating:
Ek hou van praat en lag
Van droom regdeur die nag
Ek hou van nuwe klere
Van nuwe modes in my kas

Ek hou van pienk en wit
Van prente teen my spieël
Van koffie drink uit bekers
En om met vriende iets te deel

Die lewe is vir my ´n avontuur en
´n Meisiekind wil ek graag bly
Al bly daar altyd soveel nuwe vrae
Is soveel antwoorde om my
Ek kyk verwonderd na die lewe om my
´n Meisiekind wil ek graag bly
Al word ek eendag ook ´n honderd jaar oud
Bly daar ´n meisiekind in my

Daar is iemand spesiaal
En ek skryf vir hom ´n brief
Hy bel my sonder rede
En ek dink ek het hom lief

Die ure by die skool
Sleep stadigaan verby
En later wag my droomheld
By die skool se hek vir my

Die lewe is vir my ´n avontuur en
´n Meisiekind wil ek graag bly
Al bly daar altyd soveel nuwe vrae
Is soveel antwoorde om my
Ek kyk verwonderd na die lewe om my
´n Meisiekind wil ek graag bly
Ek wonder waarom gaan die reënboogdae
Vir elke meisiekind verby

Die lewe is vir my ´n avontuur en
´n Meisiekind wil ek graag bly
Al bly daar altyd soveel nuwe vrae
Is soveel antwoorde om my
Ek kyk verwonderd na die lewe om my
´n Meisiekind wil ek graag bly
Al word ek eendag ook ´n honderd jaar oud
Bly daar ´n meisiekind in my

Die lewe is vir my ´n avontuur en
´n Meisiekind wil ek graag bly
Al bly daar altyd soveel nuwe vrae
Is soveel antwoorde om my
Ek kyk verwonderd na die lewe om my
´n Meisiekind wil ek graag bly
Al word ek eendag ook ´n honderd jaar oud
Bly daar ´n meisiekind in my
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Polygram SA

Details:

Released in: 1997

Language: Afrikaans

Appearing on: Nádine (1997)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found