Illana May

Illana May - Harlekyn lyrics

Your rating:
Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooiwyn, vir sy lag en traan en pyn
Hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Sirkusmense is in die dorp
Groot tent verrys, en die narre staan daar rond
Helder kleur vragmotors
Kom en gaan	
Manne op die stokke, en waens wat eenkant staan

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooiwyn, vir sy lag en traan en pyn
Hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Sirkusmeester
Knik sy kop
Tree dan die arena, sit sy swart hoed op
Blaas eers op sy fluitjie
Afrigter lig sy stok
Sy gordyne gly oop, en die leeus kom uit hul hok

Hoog tou akrobate
Die mense slaak ‘n sug
Dwarsoor met eenwiel fietse, dan keer al weer terug
Aan eenkant in die donker, weggesteek voel ek klein
Want niks is ooit so hartseer soos die traan van die harlekyn

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooiwyn, vir sy lag en traan en pyn
Hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooiwyn, vir sy lag en traan en pyn
Hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Cover from: Sonja Herholdt - Harlekyn (1979)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found