Guillaume

Guillaume - Somer In Die Stad lyrics

Your rating:

Die son sak, dit is weer ´n nag
Ligte brand hier in die wye straat
Kelners spoel die glase
En mense voel daar tuis
Want in hierdie kroeg word dit vannag nie koud

Ek loop diep in gedagte deur die pad
Luister na die mense se lawaai
Op die hoek is daar ´n plekkie waar die mense vrolik bly
En ek stap toe in en weet dis waar ek wil wees

Somer in die stad
Wag hier op die nag
En ek gaan daar heen, daar waar almal is, waar die mense lag
My verlange dan verdraai

Somer in die stad
Wag hier op die nag
Is daar iewers tog ´n liefde net vir my
Iemand wie se vriend ek sal kan bly

Ons soen mekaar dolweg deur die rook
Maar ons kan nie praat met alles wat so raas
My oë kyk skaam na joune
En ek wonder wat jy dink
Ek sal wat wil gee, om net jou stem te kan hoor

Somer in die stad
Wag hier op die nag
En ek gaan daar heen, daar waar almal is, waar die mense lag
My verlange dan verdraai

Somer in die stad
Wag hier op die nag
Is daar iewers tog ´n liefde net vir my
Iemand wie se vriend ek sal kan bly

Iemand wie se vriend ek sal kan bly
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Maroela Musiek

Details:

Released in: 2014

Language: Afrikaans

Appearing on: Biografie (2014)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found