Esti
Esti & Matthew10 - Hemelse Skildery lyrics
Your rating:
U het ons gemaak Elke kultuur en volk ‘n Kleur spektrum wat aan ons U skepping vertolk Selfs elke nasie oor hierdie wêreld verspreid Kom vanuit U handewerk Van Gogh, Michelangelo Rembrandt tot Leonardo Geen kuns en geen beeldhou Kan by U skepping kers vashou ‘n Mens kaleidoskoop ‘n Palet vanuit God se oogpunt ‘n Hemelse skildery Slegs sienbaar van ’n liefde se oogpunt ´n Skoon leë bladsy het U met kleur versier Dis kuns in wording U kwas op ´n vel papier Met elke streep en lyn is ons in U beeld geskep Ons is U meesterstuk Van Gogh, Michelangelo Rembrandt tot Leonardo Geen kuns en geen beeldhou Kan by U skepping kers vashou ‘n Mens kaleidoskoop ‘n Palet vanuit God se oogpunt ‘n Hemelse skildery Slegs sienbaar van ’n liefde se oogpunt ‘n Mens kaleidoskoop ‘n Palet vanuit God se oogpunt ‘n Hemelse skildery Slegs sienbaar van ’n liefde se oogpunt ´n Mens so kompleks en so volmaak Ons is almal dieselfde So waarom die haat? So ek vra jou die vraag: Is jy in staat om kleur te wardeer en rasisme te staak? Van Gogh, Michelangelo Rembrandt tot Leonardo Geen kuns en geen beeldhou Kan by U skepping kers vashou Van Gogh, Michelangelo Rembrandt tot Leonardo Geen kuns en geen beeldhou Kan by U skepping kers vashou ‘n Mens kaleidoskoop ‘n Palet vanuit God se oogpunt ‘n Hemelse skildery Slegs sienbaar van ’n liefde se oogpunt