Coenie de Villiers
Coenie de Villiers & Gürkan Çakmak - Miskien (ft. Gürkan Çakmak) lyrics
Your rating:
Miskien maak ek ‘n haikoe net uit klank En bind ‘n strik van woorde om Miskien word dit ‘n groter simfonie Of dalk bly dit net kort en stom Miskien weef ek uit note ‘n kombers En dalk, wie weet, as dit kom reën Dra jy dit, al is dit net ‘n lied Soos jy, is ek ook dalk alleen Dalk stuur ek vir jou ‘n vers wat in die donker blink Want taal, wat in die swart en diepste duister klink Is ook – al rym dit goed – tog net ‘n bietjie bang Kan verlang Miskien is daar ‘n kamer met ‘n spieël ‘n Kind wat stadig daarin draai Miskien dans ons ‘n baie ou pavane Maar word ons deur musiek verraai Miskien is dít wat ek en jy in glo Bloot kole in ‘n nanag vuur Musiek en woorde – dalk die liefde self – word leuens in hierdie laatnag uur Miskien maak ek ‘n haikoe net uit klank En bind ‘n strik van woorde om Miskien word dit ‘n groter simfonie Of dalk bly dit net kort en stom Miskien weef ek uit note ‘n kombers En dalk, wie weet, as dit kom reën Dra jy dit, al is dit net ‘n lied Soos jy, is ek ook dalk alleen