Chrissie Rossouw

PAPPA SE MEISIEKIND
Chrissie Rossouw het groot geword in 'n plattelandse dorpie "Koster" in Noord Wes. Haar liefde vir musiek was van kleintyd diep gewortel maar haar musiek loopbaan het eers gestalte gekry en afgeskop toe sy met haar metgesel Phillip Rossouw in die huwelik getree het. Phillip was 'n kranige musikant wat betrokke was by vele uiteenlopende projekte en het haar aangespoor om haar talent te ontwikkel.

Na die hartlike ontvangs van haar eerste solo album "Pappa se meisiekind" in 2010 (uitgegee deur Arend Musiek - Deon vd Merwe) waarvan 12 snitte uit haar eie pen gekom het, het sy behoorlik geblom. Daar spog top musikante soos Ray Dylan, Andries Botha en Deon vd Merwe op Kitare, Renaldo Taute op Klawers, Sez Adamson op Peddle steel , Denny Laloutte op Baskitaar en Vinnie Henrico op Dromme.

Haar musiek-video "Pappa se meisiekind" speel tans gereeld op Kyknet Musiek en het tot gevolg gehad dat sy geëien word as Pappa se meisiekind.
Haar 2de solo album "Country is your way" (wat 9 oorspronklike country snitte bevat) het ook terseldertyd haar liefde vir die genre bevestig. Alhoewel sy geen lirieke vir hierdie album geskryf het nie, het top liedjieskrywers soos Leonard "Skaap" Schaafsma, Pauline Matthews en Louise Leander saamgewerk op die album.

Die Country musiek betreding is op Reverbnation raakgesien deur die organiseerder van die Jefferson Country Music Awards en lei tot ‘n uitnodiging na die glans geleentheid in 2014! Ongelukkig, as gevolg van befondsing, kon sy dit nie bywoon nie.

Maar wie is Chrissie? Die skrander meisiekind dra meer as een baadjie en hou ook haar lyf regisseur, video-redigeerder, liedjieskrywer en omroeper. Chrissie is tans mede eienaar van die hoogs suksesvolle produksiehuis, Angel Music Studio Productions, wat spesialiseer in klank-, video- en uitsaaiproduksies.

As omroeper het die publiek haar leer ken as "Chrissie Kletz" waar sy met talle bekendes lekker kuier op Perron FM, Hosa Radio, Kalahari Stereo en Uitsaaines

Sy was ook nou betrokke by die vervaardiging van baie musiek produksies. Talentvolle kunstenaars soos Gibbon, Cloete, Zane B, Chantelle Hughes, Mac Young, Christo Venter - wat almal tans groot opgang maak in die musiek industrie - het onder haar hande deurgeloop.
Chrissie is ook baie nou betrokke met die vervaardiging van top musiekvideo insetsels - wat tans selfs op Kyknet Nou speel! Haar kreatiewe visie en uitbeelding van die kunstenaars se talent word goed ontvang en het vele aanhangers vir hulle tot gevolg gehad.

Alhoewel sy druk besig is het sy tyd ingeruim en is tans besig met haar 3de album wat beide Afrikaans en Country sal bevat. Sy geniet die verhoog ongelooflik baie en het 'n manier om onder die gehoor se vel in te klim, die gehoor te laat hang aan haar lippe - en hulle word nie aanhangers nie, maar vriende.

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found