Zaan Sonnekus

Zaan Sonnekus - Vingerverf songtekst

Je score:
[Verse 1]
Ek het regtig gedink,
Ek kan nie huil nie,
Maar ek's bly ek het,
Die water spoel my skoon.

[Verse 2]
Ons was op 'n ander boot,
In dieselfde see,
Ek wou jou volg,
Maar dit was net ’n skaduwee.

[Pre-Chorus]
Die 11de Maart en my kop het alweer verdwaal,
Jy't my gered in jou gebede in 'n vreemde taal,
Maar ek,
Het jou verstaan.
Met vingerverf in rooi het jy jouself vertaal,
Ek het nie jou stem geken nie maar ek het bedaar,
Ja jy,
Het my verstaan,
En dalk ontmoet ons in die hemel maar,
Jy sal vir my 'n plek daar moet bewaar,
Vir as,
Ek terug wil slaan,
En dalk ontmoet ons in die hemel weer, 
Die keer kry ons dalk net minder seer,
Ek weet,
My tas is swaar
En ek wou skree, jy wou praat,
Ek het die donkerte verdien en jy't my uitkom haal, 
Ja jy,
Jy het my kom haal.
Ek wens jy het geweet jy't my gered, 
Hoe de hel moet ek aangaan sonder of met,
Kan jy,
Kan jy my hier kom haal . . .

[Post-Chorus]
Dis heerlikheid en helder lig,
Waar twyfel bots met my geloof,
My naakte siel is oop en bloot,
Ek bloei nou ook,
Koue liefde en warm bloed,
As jy die lig in my kom soek,
My naakte siel is oop en bloot,
Ek bloei nou ook,
Ek bloei nou ook,
Maak dit my groot,
Ek bloei nou ook.

[Chorus]
Die 11de Maart en my kop het alweer verdwaal,
Jy't my gered in jou gebede in 'n vreemde taal,
Maar ek,
Het jou verstaan.
Met vingerverf in rooi het jy jouself vertaal,
Ek het nie jou stem geken nie maar ek het bedaar,
Ja jy,
Het my verstaan,
En dalk ontmoet ons in die hemel maar,
Jy sal vir my 'n plek daar moet bewaar,
Vir as,
Ek terug wil slaan,
En dalk ontmoet ons in die hemel weer, 
Die keer kry ons dalk net minder seer,
Ek weet,
My tas is swaar
En ek wou skree, jy wou praat,
Ek het die donkerte verdien en jy't my uitkom haal, 
Ja jy,
Jy het my kom haal.
Ek wens jy het geweet jy't my gered, 
Hoe de hel moet ek aangaan sonder of met,
Kan jy,
Kan jy my hier kom haal . . .

[Outro]
Dis heerlikheid en helder lig,
Waar twyfel bots met my geloof,
My naakte siel is oop en bloot,
Ek bloei nou ook,
Koue liefde en warm bloed,
As jy die lig in my kom soek,
My naakte siel is oop en bloot,
Ek bloei nou ook,
Ek bloei nou ook,
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook
Ek bloei nou ook,
My wonde oop,
Ek bloei nou ook
Dalk is ek dood.
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Zaan Sonnekus

Componist: Zaan Sonnekus

Publisher: Vonk Musiek [Zuid-Afrika]

Details:

Uitgegeven in: 2021

Taal: Afrikaans

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden