Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus - Krapmerke songtekst
Je score:
[Intro] [Verse 1] Jy’t ‘n patroon in my kop nagelaat, toe jy, In die reën gedans, En dit vorm lyne op ‘n kaalvoet pad, wat jou, Soos ‘n kind sou kom haal [Pre-Chorus] En daar is wonde, In jou hart, Want jy’t jou skoolskoene verloor in die lyne op die pad. [Chorus] En dalk is daar ‘n deel van jou, In my longe wat my nou nog aan die lewe hou, En dalk is jy hier in my bloed, Al die lyne op die pad, is krapmerke in my boek. Dit is, Dit is, Dit is krapmerke, Dit is krapmerke in my boek. [Verse 2] Jy het grootgeword met my aan jou kant, En daar is merke op jou hand, Jy moet self hierdie antwoorde raai, Soos die mense om jou val. [Pre-Chorus] En daar is wonde, In jou hart, Want jy’t jou skoolskoene verloor in die lyne op die pad. [Chorus] En dalk is daar ‘n deel van jou, In my longe wat my nou nog aan die lewe hou, En dalk is jy hier in my bloed, Al die lyne op die pad, is krapmerke in my boek. Dit is, Dit is, Dit is krapmerke, Dit is krapmerke in my boek. [Bridge] En herken jy nog my stem, As hy met jou praat, Na al die haat, En kon jy ooit jou vrede kry in Sy hand, Aan die anderkant. [Chorus] En dalk is daar ‘n deel van jou, In my longe wat my nou nog aan die lewe hou, En dalk is jy hier in my bloed, Al die lyne op die pad, is krapmerke in my boek. Dit is, Dit is, Dit is krapmerke, Dit is krapmerke in my boek. [Outro] Dit is, Dit is, Dit is krapmerke, Dit is krapmerke in my boek, Dit is.