Wynand Windpomp
Wynand Windpomp - Skipskop (Remix) songtekst
Je score:
Pak op, pak op, sit jou goedjies op jou kop Môre gaan ons weg, ver van hier weg Skipskop, Skipskop, wanneer hou die dinge op? Swaarkry lê net voor die blou berge oor Overberg se mens is ek gebore Op die plek Skipskop nes my pa en sy pa ook Hier deur die duine, loop onse spore Hier op die beach, hier langs die see is ek gedoop Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders En die wolke en die winde wat hier waai Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies En sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê goodbye Die linkerhand oor die regterhand Wat se kant lê die plek, wat is misverstand Asseblief meneer, ag sê tog vir my weer Is dit die pad wat ons moet môre vat? 'n Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar Stukkies van my lewe, hulle lê so deurmekaar Tel op, tel op, vir Shorty en vir Pop Gaan haal vir Apie, en hou daai kindjie dop Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders Die wolke en die winde wat hier waai Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies Sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye Sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye Sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye