Tussen Sterre

Tussen Sterre - Blou maan liefde songtekst

Je score:
Daar was ’n liefde
Iets wat skaars was, iets wat
Jou hart laat bewe
En net die mooi laat sien

Dit kom net een keer voor
Hoe kon ek en jy dit verloor?
Dit kom net een keer voor
Iets wat mooi is kan ook versmoor

Sing vir my
’n Deuntjie wat my hart laat bly 
Sing vir my 
Oor die geluk wat ons nooit kon kry

Daar was ’n liefde
Iets wat kwaad was, iets wat
Nie kon vergewe
En nie kon insien

Ons moes dalk net probeer
Genesing kom net na die seer
Ons moes dalk net probeer
Waarom spyt te laat, wil ek weet

Sing vir my
’n Deuntjie wat my hart laat bly 
Sing vir my 
Oor die geluk wat ons nooit kon kry

Sing vir my
Sing vir my
Oor die geluk wat ons nooit kon kry

Sing vir my
’n Deuntjie wat my hart laat bly 
Sing vir my 
Oor die geluk wat ons nooit kon kry
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2017

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Kosmies (2017)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden