Theuns Jordaan

Juanita du Plessis & Theuns Jordaan - Skipskop songtekst

Je score:
Pak op, pak op
sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg,
ver van hier weg
Skipskop, Skipskop,
wanneer hou die dinge op
swaarkry lê net voor
die blou berge oor

Overberg se mens
is ek gebore,
op die plek Skipskop
nes my pa en sy pa ook.
Hier deur die duine, loop onse spore
hier op die beach hier langs die see is ek gedoop

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
hierdie wolke en die winde wat hier waai
verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye

Die linkerhand, of die regterhand
wat se kant lê die pad, misverstand
'seblief meneer, ag sê my tog weer
is dit die pad wat ons moet môre vat

'n Stukkie lê hier en 'n stukkie lê daar
die stukkies van my lewe hulle lê baie deurmekaar
so tel op tel op vir shorty en vir pop
gaan haal vir apie en hou daai kindjie dop

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
hierdie wolke en die winde wat hier waai

Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies, 
sê maar so long skipskop skipskop sê goodbye
sê maar so long skipskop skipskop sê goodbye
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: EMI

Details:

Uitgegeven in: 2010

Taal: Afrikaans

Cover van: Sonja Herholdt - Skipskop (1996)

Komt voor op: Grootste Treffers 2000 - 2007 , Bring jou hart (Live met Juanita du Plessis) (2010) , Vreemde stad (2009)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden