Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Op die pad na nooitgedacht songtekst

Je score:
Op 'n donker aand, diep in Juliemaand,
Op die pad na Nooitgedacht,
Waar drie rotse staan teen die sekelmaan,
Het ek lank gewag die nag.
Het ek lank gewag die nag.

Want 'n skurk vanouds het 'n sak vol goud
Daar begrawe langs die pad
En elke donker aand met die sekelmaan
Kom hy terug en soek sy skat.
Kom hy terug en soek sy skat.

In die verte hoor ek vier hoewe,
Soos 'n hartpols diep in die nag.
Dis of die duiwel hom jaag,
Want die maan sit al laag,
Op die pad na Nooitgedacht.
Dis of die duiwel hom jaag,
Want die maan sit al laag,
Op die pad na Nooitgedacht.

By die spookklippe naby Nooitgedacht,
So't die mense my vertel,
Kan geen man dit waag op 'n donker nag –
Hy begeef hom in die hel.
Hy begeef hom in die hel.

Maar ek het vasgestaan en gesê ek gaan,
Man–alleen een donker nag.
Ek het myself gestaal en my perd laat haal,
Maar ek het so iets nooit verwag.
Het ek so iets nooit verwag

Want die vuurvonke spat uit sy hoewe
En tien vlamtonge speel in die nag
En die ruiter lê plat,
Want sy perd ken die pad
Na die skat van Nooitgedacht
En die ruiter lê plat,
Want sy perd ken die pad
Na die skat van Nooitgedacht

Ek het te veel gesien en ek dog miskien
Is die beste plek die huis.
Want ek ken gevaar, maar ek trap onklaar
En ek wens ek was al tuis.
En ek wens ek was al tuis.

Maar die huis is ver en die môrester
Hang spookagtig oor die veld.
Dis geen plek vir my; ek wil liewer ry —
Gee die kêrel maar sy geld.
Gee die kêrel maar sy geld.

Maar die hoefslae dreun in my ore
En 'n skim skiet stil uit sy saal;
En die vuurvonke spat soos hy grou langs die pad,
Want hy kom om sy skatte te haal.

Maar die burgers gun hom geen rus nie;
Soos 'n veldbrand kom hulle aan.
En die Mauservuur dreun en looddruppels reën –
En ek dog die einde breek aan.

Maar twee kole gloei in sy oë;
Met een haal
Is hy weer in die saal,
En sy perd ploeg die lug
In sy ylingse vlug,
Want hy weet die dood kom hom haal.
En sy perd ploeg die lug
In sy ylingse vlug,
Want hy weet die dood kom hom haal.
Want hy weet die dood kom hom haal.

Op 'n donker aand diep in Juliemaand
Op die pad na Nooitgedacht,
Waar drie rotse staan teen die sekelmaan,
Het ek lank bly lê die nag.
Het ek lank bly lê die nag.

En ek weet geeneen sal my glo nie.
Dit klink alles so gek in die dag...
Maar wees elkeen wat lag
Eenmaal daar in die nag
Op die pad na Nooitgedacht.
Maar wees elkeen wat lag
Eenmaal daar in die nag
Op die pad na Nooitgedacht.
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Koos du Plessis

Componist: ?

Publisher: Theuns Jordaan Production

Details:

Uitgegeven in: 2008

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Kouevuur - Die musiek van Koos du Plessis (2008)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden