Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Klein verbond songtekst

Je score:
Vanoggend sien ek weer
Die son het klaar sy plan beraam
Ek hoor steeds jou stem
Ek onthou nog jou naam

Net die kaggel is nog hier
Om te luister na my saak
Want ek wonder wat dit is
Wat jou vir my so deksels mooi maak

Versigtig om te sê dat dit jou oë is
Ek wonder of dit regtig net jou mond is
Te bang om te bely dat dit jou stem is
En ek weet tog dat dit alles maar net buite is

Hoor jy my stem?
Ken jy my naam?
Praat tog met my
Ek wil jou verstaan

Hoor jy my stem?
Ken jy my naam?
Praat tog met my
Want ek's ook maar skaam

Die eenvoud van jou naam
Hoor ek in elke geluid
Die mooi staan in jou skoene
Ek het klaar besluit

Dit alles kom nou skielik
So maklik uit
Dis tog net woorde
Maar die pen was toegesluit

Ek weet ek's maar stadig en jy hou die tyd
Maar wys my jou trane wat soos druppels lyk
Onthou nog jou stem ek ken jou profiel
Ek't ook 'n stofpad en hy's ook verniel

Hoor jy my stem?
Ken jy my naam?
Praat tog met my
Ek wil jou verstaan

Hoor jy my stem?
Ken jy my naam?
Luister na my
En jy sal verstaan
Ek hou ook tyd en dit stap ook aan
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Wildebeest Records

Details:

Uitgegeven in: 2009

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Vreemde stad (2009)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden