Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Bietjie van my songtekst

Je score:
Daar waar die see en die sand my kry
Daar sal ek eendag saam met jou gaan bly
Daar waar die tyd ons twee saam kry
Daar by die stiltes van die skedelkus
Daar by jou water sal my voete kan rus

As jy die Suiderkruis se spoor sou volg
Sal jy die sleutel na my hart daar kry
Tot al jou woorde styf teen myne staan
Staar ek die sterre aan jou glimlag aan
Ek sal die son weer aan jou winter hang

As al jou paaie huis se kant toe staan
As jy voor skemer nog ‘n vlug moet vang
Sal ek jou vashou tot die wêreld vergaan
Ek sal jou trane met ‘n lag vervang
Ek sal jou trane met sjampanje vervang

As jy die Suiderkruis se spoor sou volg
Sal jy die sleutel na my hart daar kry
Tot al jou woorde styf teen myne staan
Sal ek die sterre aan jou glimlag hang
Ek sal die son weer aan jou winter hang

Maak van my
‘n Hawe waar jou skip kom lê
Wees ‘n lugtoring vir my
Jy is die vuur
Wat aanhou brand in my
Jy is beautiful verby vir my

Met RSG het jy die nag in verdwyn
En op die horison jou ligte laat skyn
Ek sal jou soek as jy te lank wegbly
Jy’t weggery met net ‘n foto van my
Jy’t weggery met ‘n bietjie van my

As jy die Suiderkruis se spoor sou volg
Sal jy die sleutel na my hart daar kry
Tot al jou woorde styf teen myne staan
Sal ek die sterre aan jou glimlag hang
Ek sal die son weer aan jou winter hang
As jy die Suiderkruis se spoor sou volg
Sal jy die sleutel na my hart daar kry
Tot al jou woorde styf teen myne staan
Sal ek die sterre aan jou glimlag hang
Ek sal die son weer aan jou winter hang
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2010

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Grootste Treffers 2000 - 2007 , Bring jou hart (Live met Juanita du Plessis) (2010)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden