Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Beautiful in Beaufort Wes songtekst

Je score:
Jy was Beautiful in Beaufort-Wes
En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
En ek en jy het op grafte en op treine
Op Ford Fairlane se agterseats gevry
En nou is jy en jou man both computer analysts
En laas winter, you tried to cut above your wrists
En nou skryf jy vir my

Jy kan nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir jouself doen nie
Nee, nooit ooit, weer vir my soen nie

Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook
Terwyl jy Menthol sigarette rook
En al daai "sweet-sweet" dinge vir my sê
Terwyl jy sweet, sweet in my arms lê

En die presiese woorde ek't presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet
In Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel, summer cotton dress

Nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir jouself doen nie

Nee, nooit ooit, weer vir my soen nie
En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot
Maar jy het een aand skielik vir my weggestoot
En in die rearview mirror jou gesig gekyk

En gesê miskien moet ek gelukkiger lyk
En daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf

En soos 'n roeiboot al in die rivier af dryf
Ek kon nie meer slaap
Nie, nie meer lag

Nie, nie meer iets vir myself doen nie
Nee, nooit ooit, weer vir jou soen nie
Die laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry
Tot anderkant die ding-dong gong
Van die breakfast waiter in die gang verby
Dit was my wake-up call my lief
Jy het gesê: "Wees asseblief lief vir my"
Maar ek't gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon

En ek kon nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie weer iets ooit reg doen nie
Nee, nooit ooit, weer vir jou soen nie
Ek kon nie meer slaap
Nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie
Nee, nooit ooit, weer vir jou soen nie
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Gert Vlok Nel

Componist: Gert Vlok Nel

Publisher: Vlok Nel Music

Details:

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Grootste Treffers 2000 - 2007 , Bring jou hart (Live met Juanita du Plessis) (2010) , Vreemde stad (2009)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden