Tarryn Lamb
Tarryn Lamb - Vier woorde songtekst
Je score:
Vier woorde Jy kry en verloor dit Ek’s lief vir jou Jy’t gesê dis vir ewig Maar waar is jy nou? Sal eerder blind raak As om julle saam te sien Hoe jy haar hande vat in joune En nie meer aan my dink nie Dis net te veel vir my Is dit nou heel verby? Sal eerder blind raak Sal eerder doof word As wat ek hoor hoe julle sê Dat jy vir ewig saam wil wees En niemand anders reg was nie Dis net te veel vir my Is dit nou heel verby? Sal eerder doof word Vier woorde Jy kry en verloor dit Ek’s lief vir jou Dis so maklik gesê Maar ek wonder waar is dit nou Vier woorde wat jy my belowe Ek’s lief vir jou Jy’t gesê dis vir ewig Maar waar is jy nou? Sal eerder stom raak As wat ek dit vir jou moet sê Hoe ek nog elke dag bly dink Dat ons ’n lewe saam kon hê Dis net te veel vir my Is dit nou heel verby? Sal eerder stom raak Sal eerder lam word As om weg te loop van jou As wat ek opstaan in die oggend En moet soek en roep na jou Dis net te veel vir my Is dit nou heel verby? Is dit nou heel verby? Vier woorde Jy kry en verloor dit Ek’s lief vir jou Dis so maklik gesê Maar ek wonder waar is dit nou Vier woorde wat jy my belowe Ek’s lief vir jou Jy’t gesê dis vir ewig Maar waar is jy nou? Waar is jy nou? Waar is jy nou? Jy’t gesê dis vir ewig Waar is jy nou? Vier woorde Jy kry en verloor dit Ek’s lief vir jou Dis so maklik gesê Maar ek wonder waar is dit nou Vier woorde wat jy my belowe Ek’s lief vir jou Jy’t gesê dis vir ewig Maar waar is jy nou? Jy’t gesê dis vir ewig Maar waar is jy nou?