Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr - Liewe Ma songtekst
Je score:
Liewe ma Ek weet dis laat As die telefoon lui En jy wonder wie’s daar Is dit die duisendste keer Dat jy vir my opstaan Ek wou niks hê nie Ek wou net sê Daar sal ‘n gat in die hemel wees As jy moet gaan Daar sal ‘n gat in die hemel wees As jy moet gaan Liewe ma Ek leer verstaan Noudat ek self ‘n Kind laat gaan Dit wat ‘n vrou moet verloor In God se groot beraam Om plek te maak Waar kinders mag staan En dan as niemand meer kyk nie Saggies weg te gaan En dan as niemand meer kyk nie Saggies weg te gaan Liewe ma My engele staan ‘n Sirkel om jou Hand aan hand Met vlerke wyd oop gesprei En om jou toegevou Jy sal onthou Die engele van jou Wat jy as kind aan my geleen het gee ek terug aan jou Wat jy as kind aan my geleen het gee ek terug aan jou